
Namibië moet nog oor vyf hekkies om van gryslys af te kom
Loading player...
Ná die Finansiële Aksie-taakmag Namibië op sy gryslys geplaas het in Februarie verlede jaar, het die land reeds agt van die strategiese tekortkominge op die mag se aksieplan reggestel. Die taakmag het die land hiervoor geprys by sy plenêre vergadering in Straatsburg, Frankryk. Die oorblywende vyf moet teen Mei 2026 afgehandel wees sodat die land van die gryslys verwyder kan word. Zenobia Barry, die adjunkdirekteur van regsake, beleid en afdwinging by die Finansiële Intelligensie-sentrum, verduidelik wat nog reggestel moet word.