Cyril is reg, hervorming en groei sluit mekaar nie uit: IRR

Loading player...
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê president Cyril Ramaphosa het tereg opgemerk dat ware hervorming en ekonomiese groei mekaar nie uitsluit nie. Die president het in sy weeklikse nuusbrief gesê ekonomiese groei sonder hervorming verskans uitsluiting en hervorming sonder groei is nie volhoubaar nie. Gabriel Crouse van die instituut sê werklike hervorming gebeur wanneer geleenthede uitgebrei word om meer burgers te betrek deur onderwys, indiensopleiding en werklike verbetering van inkomste, welvaart en lewenstandaarde:
10 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Liggaamskenkings aan wetenskap meer ‘aanvaarbaar’

Openbare bewustheid en aanvaarding van liggaamsskenkings aan wetenskap by Unam neem toe, met vier nuwe beloofde skenkings wat tussen Februarie en Mei gemaak is. Die universiteit het onlangs 'n tekort aan kadawers by sy mediese skool aangekondig. Verskerpte mediadekking en openbare besprekings het belangstelling aangewakker. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat…
12 Jun 1AM 1 min

Geen tydsberekening vir Stad Whk om watertariewe te hersien nie

Die sentrale gebied-waterbestuurskomitee het einde Mei vergader om waterbronne vir die gebied te bepaal. Na die verslag voorberei is kan Stad Windhoek bepaal of die droogte-watertariewe nog van krag moet wees. Windhoek is steeds in kategorie D vir waterbesparing en water is uiters duur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met…
12 Jun 12AM 1 min

NamPol vra vir toesig vir kinders tydens skoolvakansie

Die skole sluit môre vir die wintervakansie en die Namibiese polisie vra dat veiligheid prioriteit geniet te midde van landwye reise. NamPol het pad- en kinderveiligheidsriglyne uitgereik om 'n veilige en genotvolle vakansie vir almal te verseker. Motoriste word aangeraai om verantwoordelik te bestuur, by die spoedgrens te hou, nie…
12 Jun 12AM 1 min

DA eis verduideliking van nuwe loterylisensie

Die DA sê die handelminister, Parks Tau, en die voorsitter van die Nasionale Loterykommissie, Barney Pityana, moet die hantering van die nuwe loterylisensie aan die parlement verduidelik. Dit volg op kommer oor die aanstelling van Sizekhaya Holdings as die nuwe lisensiehouer en Ithuba Holdings as 'n tydelike operateur. Toby Chance…
11 Jun 11PM 1 min

Weinstein skuldig bevind in New York

Die gevalle filmbaas Harvey Weinstein is skuldig bevind aan seksuele aanranding in New York, nadat 'n skuldigbevinding aan seksmisdade in die staat verlede jaar omgekeer is. Sewe vroulike en vyf manlike jurielede het vyf dae lank beraadslaag in die ses-weke-lange verhoor voordat hy eenparig aan een van drie aanklagte skuldig…
11 Jun 11PM 1 min