
Boksbeheerraad, Faith Foundation haaks oor geveg
Loading player...
Drama broei in die plaaslike bokswêreld, met die Namibië Boksbeheerraad wat 'n geleentheid wat deur die Faith Foundation vir 14 Junie geskeduleer is, nie goedgekeur het nie. Die geveg sou die gewilde Harry Simon en Ninja teen mekaar in aksie sien. Volgens die beheerraad is daar nie 'n aansoek vir goedkeuring ingedien nie. Dennis Tobias, die stigter van die Faith Foundation, het aan die nasionale uitsaaier gesê die geveg sal voortgaan by die Oshakati Onafhanklikheidstadion.