Onluste in Ierland duur voort

Loading player...
Ses mense is gearresteer en 32 polisie-beamptes beseer tydens onluste in Ballymena in Noord-Ierland. Die oproer het Maandagaand uitgebreek na twee 14-jarige Roemeense seuns in die hof verskyn het op aanklagte van seksuele aanranding van 'n tienermeisie in die dorp, 45km vanaf Belfast. Die seuns het skuld ontken. Vier eiendomme wat deur brande beskadig is word deur die polisie as rasgemotiveerde haatmisdade beskou. Terwyl die polisie voorberei het vir nog moontlike onluste Woensdagaand, het assistent-hoofkonstabel Ryan Henderson 'n pleidooi aan oproeriges gelewer.
12 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bek-en-klouseer sal verbruikers in SA raak

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, waarsku die uitbreking van bek-en-klouseer sal verbruikers in die korttermyn raak. Hy het tydens die Rooivleis-abattoirvereniging se 31ste konferensie in Somerset-Wes in Kaapstad aan die media gesê 900 000 dosisse entstof sal beskikbaar gestel word sodra dit vanaf Botswana se Entstof-instituut ontvang is. Die…
13 Jun 1AM 1 min

VSA staan ondersoekers in Indië-vlugramp by

Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, sê die Federale Lugvaartadministrasie werk nou saam met die Nasionale Vervoer-veiligheidsraad om Indiese owerhede by te staan met die ondersoek na die Air India-vliegongeluk. Altesaam 241 van die 242 mense aan boord is dood toe dit net na opstyging by ʼn lughawe in…
13 Jun 1AM 1 min

Pensioenarisse ouer as 80 moet herregistreer vir toelaag

'n Openbare kennisgewing is uitgereik wat versoek dat 80-jariges hulself as lewendig verifieer by die maatskaplike welsyn-ministerie. Lede van die publiek was onder die indruk dat dit vals inligting is, maar die ministerie het die egtheid daarvan aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Die ministerie se woordvoerder, Lukas Haufiku.
13 Jun 12AM 1 min

Aanval op Iran: Olie styg met 8%

Oliepryse het met meer as 8 persent gestyg en die hoogste vlak in maande bereik nadat Israel aanvalle op Iran geloods het, wat spanning in die Midde-Ooste dramaties verhoog het en kommer oor ontwrigte olievoorrade laat ontstaan het. Dit verhandel tans net bo 76 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die aanvalle…
13 Jun 12AM 1 min