Aanval op Iran: Olie styg met 8%

Loading player...
Oliepryse het met meer as 8 persent gestyg en die hoogste vlak in maande bereik nadat Israel aanvalle op Iran geloods het, wat spanning in die Midde-Ooste dramaties verhoog het en kommer oor ontwrigte olievoorrade laat ontstaan het. Dit verhandel tans net bo 76 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die aanvalle sal volgens Israel se premier Benjamin Netanyahu dae duur.
13 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oos-Kaap sterftesyfer nou 79, Cyril sê vloede is klimaatsverandering

President Cyril Ramaphosa sê die dodelike vloede in die Oos-Kaap is 'n duidelike teken van die groeiende uitwerking wat klimaatsverandering. Die sterftesyfer in die provinsie het gestyg tot 79. Ramaphosa het tydens 'n besoek aan Mthatha gesê vloede is ongewoon in die winter en is 'n teken van hoe klimaatsverandering…
13 Jun 11AM 1 min

Aktiviste stil oor transgender-moordsaak, 'moeg baklei'

Die moordsaak van die transgender Christoff “Sexy Chamy” Fredericks is in die Katutura-landdroshof tot 20 Junie uitgestel vir pleitverrigtinge. Die 30-jarige Fredericks se liggam is in Mei verlede jaar met 32 steekwonde en met privaatdele verwyder gevind in Otjomuise se 7de Laan. Aktiviste was aanvanklik aktief in die veroordeling van…
13 Jun 10AM 1 min