Bok-vroue wen weer in Madagaskar

Loading player...
Die Springbok-vroue het Kenia met 19-12 verslaan en hul tweede agtereenvolgende oorwinning by die Rugby Afrika-vrouebeker in Madagaskar ingepalm. Die verdedigende kampioene wat Uganda met 62-7 verpletter het in hul eerste wedstryd, het drie drieë gedruk en twee verdoel. Suid-Afrika se laaste wedstryd van die toernooi is Sondag teen die gasvrou-nasie, Madagaskar. Die Bok-vroue se hulpafrigter, Franzel September, sê hulle het by hulle spelplan gebly:
12 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bek-en-klouseer sal verbruikers in SA raak

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, waarsku die uitbreking van bek-en-klouseer sal verbruikers in die korttermyn raak. Hy het tydens die Rooivleis-abattoirvereniging se 31ste konferensie in Somerset-Wes in Kaapstad aan die media gesê 900 000 dosisse entstof sal beskikbaar gestel word sodra dit vanaf Botswana se Entstof-instituut ontvang is. Die…
13 Jun 1AM 1 min

VSA staan ondersoekers in Indië-vlugramp by

Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, sê die Federale Lugvaartadministrasie werk nou saam met die Nasionale Vervoer-veiligheidsraad om Indiese owerhede by te staan met die ondersoek na die Air India-vliegongeluk. Altesaam 241 van die 242 mense aan boord is dood toe dit net na opstyging by ʼn lughawe in…
13 Jun 1AM 1 min

Pensioenarisse ouer as 80 moet herregistreer vir toelaag

'n Openbare kennisgewing is uitgereik wat versoek dat 80-jariges hulself as lewendig verifieer by die maatskaplike welsyn-ministerie. Lede van die publiek was onder die indruk dat dit vals inligting is, maar die ministerie het die egtheid daarvan aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Die ministerie se woordvoerder, Lukas Haufiku.
13 Jun 12AM 1 min

Aanval op Iran: Olie styg met 8%

Oliepryse het met meer as 8 persent gestyg en die hoogste vlak in maande bereik nadat Israel aanvalle op Iran geloods het, wat spanning in die Midde-Ooste dramaties verhoog het en kommer oor ontwrigte olievoorrade laat ontstaan het. Dit verhandel tans net bo 76 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die aanvalle…
13 Jun 12AM 1 min