
Bek-en-klouseer: RMIS wiele draai, entstowwe nog oppad
Loading player...
Samewerking bly nou van kardinale belang om bek-en-klouseer hok te slaan en te keer dat 'n verwoestende uitwerking op volhoubare rooivleisproduksie het. Red Meat Industry Services hoofbestuurder Dewald Olivier het by die RPO Noord-Kaap se jaarkongres in Kimberley vertel die eerste fase van hul operasionele sentrum is reeds in werking met ’n netwerk van 177 privaatveeartse wat terugvoering gee oor gevalle. Die tweede fase, wat Maandag begin, behels ’n veearts wat hierdie data te bestuur en onmiddellik reageer terwyl produsente ook betrek word om oë en ore op die grond te wees. Hy het verder bevestig dat daar steeds geen entstof in die land is nie en dat dit waarskynlik eers die laaste week in Junie sal aankom. Olivier glo egter die bedryf staan by 'n kruispad waar optrede dinge vir die beter kan verander..