
Mthatha-dam nie oorsaak van vloede
Loading player...
Die Departement van Water en Sanitasie het bewerings op sosiale media ontken dat oop sluise by die Mthatha-dam die onlangse oorstromings veroorsaak het. Die hoof van die Spesialis-eenheid vir Damveiligheid, Wally Ramokopa, het in 'n onderhoud met Newzroom Afrika beklemtoon dat die dam nie sulke sluise het nie. Ramokopa sê die oorloop was natuurlik en die oorstromings is deur die Qaqoqa-rivier vererger. Hy het inwoners aangespoor om vir veiligheid nie naby rivieroewers of in vloedgebiede te bou nie: