
Namibië verbind tot gesonde, veilige werksplek
Loading player...
Namibië ondersteun die Internasionale Arbeidsorganisasie, die ILO, se konvensie en aanbevelings oor biologiese gevare in die werksplek. Arbeidsminister Fillemon Immanual het Vrydag tydens die 113de Internasionale Arbeidskonferensie in Genève gesê die werkwêreld staar verskeie beroeps- en omgewingsuitdagings in die gesig. Namibië is ten volle verbind tot ‘n gesonde en veilige werksplek vir almal, het Immanual gesê.