
Oud-houtskoolhoof oor nuwe regulasies
Loading player...
Die omgewingsministerie se departement van bosbou het nuwe regulasies vrygestel vir die produksie van houtskool. Houtskoolprodusente word sterk aangeraai om die volle regulasies deur te gaan en na te kom. Dit is beskikbaar by die naaste bosboukantoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Michael de Gé, voormalige hoof van die houstkoolvereniging gepraat. Hy gee belangrike wenke.