
Kiesers stroom glo nie na tussenverkiesing-stembusse
Loading player...
Die tussenverkiesings in vyf streeks-kiesafdelings is aan die gang, maar dit lyk nie of daar 'n toestroming na die stembusse is nie. Die verkiesing is om posisies binne 90 dae te vul wat vakant geword het toe politieke leiers hul plekke in die Nasionale Vergadering ingeneem het, volgens die wet. Die nasionale uitsaaier het in die Otjiwarongo-kiesfadeling gepraat met Emilia Nghikembua, die voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië.