DBV Otjiwarongo vir eers gesluit, sieklike diere van kant gemaak

Loading player...
Die komitee van die Dierebeskermingsvereniging het die skorsing van die Otjiwarongo-takbestuurder aangekondig hangende 'n interne ondersoek. Dit kom na daar blykbaar verskeie klagtes was. Ondersoek is deur die Windhoek-tak ingestel en die skorsing het gevolg. Dus, is die DBV-tak in Otjiwarongo tydelik gesluit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Silke van der Merwe, die direkteur van die DBV.
19 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

N/a'an ku sê loop breëbors oor Neuras se wyne

Die besturende direkteur van N/a'an ku sê, Rudie van Vuuren, sê hulle is uiters trots op die prestasie van hulle Neuras Wyn- en Wildlandgoed. In ‘n mylpaal vir Namibië het al die wyne wat ingeskryf was by die International Challenge Gilbert & Gaillard 2025, een van die wêreld se mees…
19 Jun 10AM 1 min

Toestemming nodig vir gronddamme, hoor NV

Die PDM-president McHenry Venaani het in die Nasionale Vergadering vrae aan eerste minister Elijah Ngurare gerig. Hy wou weet of daar 'n omgewingsimpak-studie gedoen is om te bepaal of gronddamme in die Cuvelai-gebiede wat vatbaar is vir vloede, gebou kan word. Landbouminister Inge Zaamwani het so geantwoord:
19 Jun 10AM 1 min

ACC verduidelik ondersoek na onwettige medisyne-invoere

Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het die Teenkorrupsie-kommmisise gevra om die beweerde onwettige invoer van medisyne en interne diefstalsindikate te ondersoek. Sy het ook 'n ondersoek na personeel by die Verpleegraad versoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die kommissie, Josephine Nghituwamata, gepraat vir meer inligting oor die…
19 Jun 10AM 1 min

Regshulpsentrum sê oor aanhouding van jeugdiges

Die direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox, het haar stem bygevoeg by die gesprek oor aanhouding vir jeugdiges. Dit kom na die nuus van die ontsnapping en herarrestasie van 11 jeugdiges in die Noorde. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
19 Jun 10AM 1 min