
Kommer oor wetgewing vir olie-welvaartsfonds wat ontbreek
Loading player...
Die Welwitschia-fonds is in 2022 gestig om die welvaart wat uit die olie- en gassektor gegenereer sal word versigtig en deursigtig te bestuur. Hierdie soewereine welvaartsfonds het ten doel om inkomste vir toekomstige geslagte te beskerm en die ekonomie te stabiliseer in onstuimige tye. Wetgewing om die fonds te rig ontbreek egter steeds. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood, die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê dis 'n effe gevaarlike situasie.