
Oos-Kaap verloor 4 200 huise, 400 skole in vloede
Loading player...
Die waarnemende premier van die Oos-Kaap, Mlungisi Mvoko, sê vloedskade in die provinsie word op vier-miljard Suid-Afrikaanse rand beraam. Meer as 4 200 huise is vernietig, met amper 2 000 wat gedeeltelik beskadig is. Mvoko het bevestig dat meer as 400 skole en 1 500 klaskamers beskadig is, wat meer as 40 000 leerders raak. Hy sê die regering is daartoe verbind om slagoffers by te staan: