Woord vir Vandag - 30 Junie 2025

Loading player...
“Doen alles sonder kla of teëpraat.” Filippense 2:14 NLV
Moenie mor nie (2)
Paulus skryf: ‘Doen alles sonder kla of teëpraat. Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ‘n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre’ (verse 14-15 NLV). Wat was die houding waarop Paulus gefokus het? Om te mor en te kla. Wat was die oplossing? Hy het dit met die gelowiges in Tessalonisense gedeel: ‘Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle as Christene verwag’ (1 Tessalonisense 5:18 NLV). In plaas daarvan om na dinge te soek om oor te kla, soek na dinge om oor dankbaar te wees, want dit is oral om jou. As murmurering so maklik soos asemhaal vir jou is, is hier ‘n paar areas waaraan jy moet aandag gee: 1) Moenie meer aanpak as wat jy kan hanteer nie. Sê slegs vir versoeke vir persoonlike gunste ja wanneer jy wil of voel dat jy deur God gelei word. Dit sal keer dat jy oorwerk en gegrief word teenoor die verantwoordelikhede wat ander op jou lê. 2) Beperk jou tyd rondom negatiewe mense. ‘Moenie toelaat dat mense wat sulke dinge sê, julle vir die gek hou nie, want ‘slegte geselskap bederf goeie gewoontes’’ (1 Korintiërs 15:33 NLV). Fokus op ander mense se behoeftes. ‘Doen julle werk entoesiasties, asof julle dit vir die Here doen en nie vir mense nie. Julle weet mos dat die Here elke mens wat sy werk goed doen, sal beloon…’ (Efesiërs 6:7-8 NLV). Wat jy vir ander mense laat gebeur, sal God vir jou laat gebeur. Benewens hierdie drie strategieë om norsheid te oorkom, bid die volgende: ‘Vader, verlos my van norsheid. Openbaar die oorsaak daarvan en gee my die moed om dit uit my lewe te verwyder. In Jesus se naam. Amen.’
29 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 19 Aug 2025

“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV Hoe om met ander oor die weg te kom Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te…
12 Aug 2 min

Word for Today - 19 Aug 2025

“All of you be of one mind…love as brothers, be tender-hearted, be courteous.” 1 Peter 3:8 NKJV How to get along with others Put yourself in the other person’s shoes and try to see things from their point of view. That’s one of the great keys to working with clients,…
12 Aug 2 min