Swartbooi se tirade was 'om PDM relevant te hou'

Loading player...
Die LPM-leier Bernadus Swartbooi het onlangs in 'n persverklaring uitgevaar teen Swapo. Hy het dit veral gehad oor stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa en ook verwys na gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao se herkoms. Die Swapo-jeugliga het gesê die LPM moet om verskoning vra en die verklaring oor Luvindao terugtrek want dit is xenofobies. Die LPM het in antwoord gesê Swapo is stamgebonde en hulle gaan nie Luvindao om verskoning vra nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ephraim Nekongo, die leier van die Swapo-jeugliga, wat sê die LPM probeer relevant bly.
27 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Boere staan saam oor Stampriet-bekken

Boere in die Stampriet-bekken het skriftelike besware teen die hernuwing van omgewingsklaringsertifikate vir eksplorasiebedrywighede deur Headspring Investments ingedien. Die maatskappy se agt lisensies verval in Augustus vanjaar en moet dus hernu word. Headspring se boorpermitte is egter deir die landbouministerie teruggetrek en al word die sertifikate hernu, sal die maatskappy…
29 Jun 4AM 1 min

DA-onttrekking 'politieke teater', sê GOOD

Die GOOD Party het die DA se onttrekking aan die Nasionale Dialoog gekritiseer en noem dit politieke teater gemotiveer deur partybelange. Die sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die DA se optrede ondermyn pogings om Suid-Afrika se werklike uitdagings aan te spreek. Hy sê dialoog in plaas van onttrekkings is nodig vir…
29 Jun 3AM 1 min

Interpol sê misdaadintelligensie in SA geknou

Die Interpol-misdaadambassadeur, Andy Mashaile sê die inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo is rede tot ernstige kommer vir wetstoepassing. Khumalo en ses ander is Donderdag in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie. Die Pretoria-landdroshof het borgtog van 10 000 rand aan vyf van die beskuldigdes toegestaan,…
29 Jun 2AM 1 min

DA oorweeg mosie van wantroue teen Ramaphosa

Die DA sê die party oorweeg 'n mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa en beskuldig hom dat hy ministers beskerm wat van korrupsie aangekla is. Die DA-leier John Steenhuisen het ook die party se onttrekking aan die Nasionale Dialoog aangekondig en noem dit 'n verkwistende ANC-verkiesingsfoefie. Dit volg na…
29 Jun 1AM 1 min

Boskos belangrik vir winter

Terwyl die winter sy greep oor Namibië versterk, blyk boskos 'n noodsaaklike lewenslyn vir baie landelike gemeenskappe te wees. Wilde vrugte, neute, wortels en ander eetbare plante wat uit woude versamel word, help gesinne om hul dieet aan te vul en voedselsekerheid te handhaaf. Hierdie natuurlike hulpbronne is nie net…
29 Jun 12AM 1 min