
Verdedigingminister het self nog nie August 26-ouditverslag gesien
Loading player...
PDM-leier McHenry Venaani het tydens die vraag-en-antwoord sessie na president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede na haar aangekondigde stryd teen korrupsie verwys. Hy wou weet wanneer die verslag oor die oudit van August 26 Holding Company se boeke vrygestel gaan word. Die vraag was aan eerste minister Eljiah Ngurare gerig, wat dit na verdedigingminister Frans Kapofi verwys het. Kapofi het in die Nasionale Vergadering geantwoord dat hy self nog nie die verslag gesien het nie.