
Hannes van Wyk opgewonde om deel te wees van die 25ste Vrystaat Kunstefees
Loading player...
Hannes van Wyk en Desiré Gardner, is so te sê volksbesit met hulle uiters gewilde Magda Louw-vertonings. Vanjaar se, ‘Magda en haar Erhard,how Louw can you go?’, beloof om soos altyd die gehoor op hulle voete te hê. Hannes sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop en deel sy opwinding oor sy tuiskoms by Bloemfontein se ATKV Wynand Mouton teater tydens die Vrystaat Kunstefees. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.