Woord vir Vandag - 3 Julie 2025

Loading player...
“’n Verstandige mens bly stil oor sy kennis…” Spreuke 12:23 NLV
Weet wanneer om stil te bly
Iemand anders se behoefte aan inligting behoort jou nie te forseer om te praat nie. Toe ‘n vriend van Jesus sy inhegtenisname wou stopsit, het Jesus gesê: ‘Besef jy nie dat Ek ‘n ganse leërmag engele van my Vader sou kon vra om ons te beskerm en Hy sal hulle oombliklik stuur nie?’ (Matteus 26:53 NLV). Toe Jesus voor Pilatus gebring is, het Pilatus nie die oppermag gehad nie; Jesus het! Tog sê die Bybel Jesus: ‘…het sy mond nie oopgemaak nie’ (Jesaja 53:7 NLV). Hy het daar gestaan en niks gesê nie. Hoekom nie? Omdat Hy nie onder verhoor was nie, maar Pilatus wel. Jesus het sy lotsbestemming geken en belangriker as dit, Hy het sy hemelse Vader intiem geken. Wanneer jy God ken, kan jy enigiets met selfvertroue in die gesig staar – en vry voel om stil te bly. Soms is dit die wysste ding om te sê: ‘Ek het nie nou die antwoord nie. Ek sal egter daaroor dink, daaroor bid en terugkom na jou toe.’ ‘’n Verstandige mens bly stil oor sy kennis. Dwase basuin hulle onkunde uit’ (Spreuke 12:23 NLV). Wanneer mense angstig is vir antwoorde, sal hulle jou onder druk probeer plaas om te praat voor jy al die feite het of ‘n kans gehad het om daaroor te bid en die situasie versigtig te oorweeg. As jy God vra, sal Hy vir jou sê wat om te sê en wanneer om dit te sê. Sy belofte is: ‘Ek het my woorde in jou mond gesit. Ek het jou beskerm met die skadu van my hand…’ (Jesaja 51:16 NLV). Trots sê: ‘Moenie net daar staan nie, sê iets!’ Wysheid sê: ‘Moenie iets sê nie, staan net daar!’ Vra God vir insig. Een gedagte van God kan die probleem blitsvinnig oplos.
2 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 6 Jan 2026

Dinsdag 6 Januarie “…Ook Christus het só gely toe Hy vir eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het… Hy het vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom…” 1 Petrus 3:18 NLV Die groot ruiltransaksie ‘n Verkoopsdame het elke dag op pad werk toe verby ‘n…
18 Dec 1 min

Word for Today - 5 Jan 2026

Monday 5 January “For I know the plans I have for you…plans for good…to give you a future and a hope.” Jeremiah 29:11 TLB The traits of a champion Sports psychologists have identified six recurring traits that are common to Olympic gold medalist athletes. These traits of a champion apply…
18 Dec 2 min

Woord vir Vandag - 5 Jan 2026

Maandag 5 Januarie “Ek weet wat Ek vir julle beplan het… voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.” Jeremia 29:11 NLV Die eienskappe van ‘n kampioen Sportsielkundiges het ses eienskappe wat algemeen in atlete wat goue medaljes op die Olimpiese…
18 Dec 2 min

Word for Today - 4 Jan 2026

Sunday 4 January ‘All Scripture is inspired by God.’ 2 Timothy 3:16 NCV Bible reading; the key to spiritual growth (3) Perhaps you wonder, ‘Is the Bible really inspired by God? Is it true, trustworthy, and infallible?’ The answer is yes, and here are three reasons why: 1) It is…
18 Dec 2 min

Woord vir Vandag - 4 Jan 2026

Sondag 4 Januarie “Die hele Skrif is deur God geïnspireer…” 2 Timoteus 3:16 NLV Bybelstudie: die sleutel tot geestelike groei (3) Miskien wonder jy of die Bybel werklik deur God geïnspireer is en of dit waar, betroubaar en onfeilbaar is. Die antwoord is ja, en hier is drie redes waarom…
18 Dec 2 min