Woord vir Vandag - 4 Julie 2025

Loading player...
“…Diotrefes wat homself graag eerste stel…” 3 Johannes vers 9 NLV
Hoekom kan ons nie saamwerk nie? (1)
Rede een: onsekerheid. Die Florentynse filosoof Machiavelli het gesê: ‘Die eerste metode om die intelligensie van ‘n heerser te bepaal, is om te kyk na die mense waarmee hy homself omring.’ Onsekere leiers word deur talentvolle individue bedreig, daarom omring hulle hulself met swak mense. Gevolglik ly die werk en almal wat betrokke is, daaronder. Wanneer ‘n leier op ‘n opregte vraag reageer deur te sê: ‘Hoe durf jy my gesag uitdaag?’ is hulle gevaarlik en dikwels nie die moeite werd om te volg nie. Onsekere leiers misluk gewoonlik om twee redes: Hulle wil beheer oor alles behou, of hulle is bang om deur iemand meer bekwaam vervang te word. Leiers wat nie spanwerk aanmoedig nie, verswak hul eie potensiaal en ontmoedig die mense rondom hulle. President Woodrow Wilson het gesê: ‘Ons moet nie net al die breinkrag wat ons het gebruik nie, maar ook al die breinkrag wat ons kan leen.’ Die Apostel Johannes sê vir ons dat Diotrefes, ‘n leier in die kerk, homself graag eerste gestel het. Wat was die man se probleem? Hy wou almal anders se lig verdoof sodat syne helderder sou skyn. Dus skryf Johannes: ‘Daarom, wanneeer ek ook al kom, sal ek sy optrede onthou: Hy belaster ons deur bose gerugte te versprei en asof dit nie genoeg is nie, ontvang hy selfs ook nie die medegelowiges nie. Dié wat dit nog wil doen, verhinder hy en verban hulle uit die gemeente. Liewe vriend, moet tog nie dié slegte voorbeeld navolg nie. Volg liewer die goeie. Dié wat goed doen, is van God afkomstig; dié wat sleg doen, het nie ‘n oog vir God nie’ (3 Johannes verse 10-11 NLV). Laat God se goedkeuring – wat jy reeds het – jou sekerheid gee!
3 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 31 Okt 2025

“In die huis van regverdiges is daar skatte…” Spreuke 15:6 NLV Die Bybel en jou beleggings (3) Om jou vrees vir beleggings te oorkom, moet jy die volgende drie dinge doen: 1) Raak vaardig. Voordat jy begin belê, moet jy die taal en nuanses van die aandelemark, vaste eiendom, gesamentlike…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2025

“In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie...” Spreuke 21:20 NLV Die Bybel en jou beleggings (2) Die Bybel leer ons twee dinge om finansieel vooruit te beweeg. 1) Jy moet wys wees wanneer jy belê. Wanneer iemand vir jou ‘n opbrengs op jou belegging…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Okt 2025

“Na 'n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra.” Matteus 25:19 AFR83 Die Bybel en jou beleggings (1) Jesus het gesê: ‘Verder gaan [die koninkryk van die hemel] soos met ‘n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaar geroep…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 28 Okt 2025

“Versterk die moeë hande… Bemoedig dié wie se knieë swak word en knik. Sê vir dié wat bang is: ‘Wees sterk en moenie bang wees nie…’” Jesaja 35:3-4 NLV Bemoedig iemand vandag Elkeen van ons het bemoediging (ondersteuning wat selfvertroue en die wil om aan te gaan inspireer) nodig. Die…
19 Oct 2 min

Woord vir Vandag - 27 Okt 2025

“Getroude mans, julle moet julle vroue liefhê…” Efesiërs 5:25 NLV Wees lief vir en eer jou vrou Daar is ‘n verhaal van ‘n direkteur en sy vrou wat op reis was en gestop het om petrol in te gooi. Die direkteur het ingegaan om die winkel te besoek en toe…
19 Oct 1 min