Gewortel in Suid Afrika se geskiedenis,vertel Amanda Strydom met deernis die verhaal van Tinkerbell van Tonder

Loading player...
Die OFM Kunsteklop vind uit wat jy tydens vanjaar se 25ste Vrystaat Kunstefees kan verwag. Een van die groot name wat die verhoog betree is Amanda Strydom. In hierdie verhaal is daar hartseer, oorwinning, ‘n kykie na ons geskiedenis en 11 uiters treffende liedjies wat gehore se harte raak. Die produksie “The incredible journey of Tinkerbell van Tonder” het in 2024 die Woordtrofee vir Beste prestasie in kontemporêre musiek gewen tydens die Woordfees en sy vertel aan Yolanda Maartens wat dit vir haar beteken om die produksie Bloemfontein toe te bring saam met Coenraad Rall op klavier. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.
3 Jul 2025 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min