Cosatu steun wetsontwerpe oor padongelukkefondse

Loading player...
Cosatu het die Minister van Vervoer, Barbara Creecy, se aankondiging verwelkom dat sy die wetsontwerpe oor die Padongelukkefonds en Padongelukke-voordeleskema weer by die Parlement gaan indien. Die vakverbond sê hy ondersteun hierdie progressiewe stap deur die minister en sien uit na die voorlegging. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê die Padongelukkefonds is ʼn probleem wat al te lank sloer en die huidige skuld beloop meer as 400-miljard Suid-Afrikaanse rand:
4 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meer Rehoboth-inwoners kry titelaktes

Tydens 'n kort opdatering oor plaaslike ontwikkelingspogings by die regering se inligtingsentrum het Rehoboth-raadslid Jacky Khariseb die vordering met die oorhandiging van titelaktes aan dorpsinwoners gedeel. Die eiendomme word aan inwoners oorhandig en die skuld word afgeskryf. Khariseb het meer.
4 Jul 11AM 1 min

Oostenrykse president loof SA tydens staatsbesoek

Die Oostenrykse president, Alexander van der Bellen, sê Suid-Afrika se vreedsame en inklusiewe oorgang na demokrasie is 'n wêreldwye voorbeeld van bestendigheid en vooruitgang. Hy het tydens 'n staatsbesoek aan die Uniegebou in Pretoria die sterk bande tussen die twee lande benadruk, nie net met betrekking tot sakebedrywighede nie, maar…
4 Jul 11AM 1 min

Modi se besoek kan groot voordele inhou

Reaksie word ontvang op die besoek volgende week deur die Indiese eerste minister, Narendra Modi. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Nixon Kariithi, 'n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, gepraat. Hy meen Namibië kan oor belangrike aspekte by die land leer.
4 Jul 10AM 1 min