
Studente móét geken word oor gratis tersiêre onderwys
Loading player...
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, se president Dorothea Nangolo het onlangs kommer uitgespreek omdat daar geen studente-strukture in die taakmag oor gratis openbare tersiêre onderwys is nie. Sy sê die taakmag dra dus geen kennis van studente se daaglikse finansiële behoeftes of dinge waaroor hulle gewillig sal wees om kompromieë te bereik vir gratis tersiêre onderwys nie. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by die politieke kenner dr. Ndumba Kamwanyah.