Oostenrykse president loof SA tydens staatsbesoek

Loading player...
Die Oostenrykse president, Alexander van der Bellen, sê Suid-Afrika se vreedsame en inklusiewe oorgang na demokrasie is 'n wêreldwye voorbeeld van bestendigheid en vooruitgang. Hy het tydens 'n staatsbesoek aan die Uniegebou in Pretoria die sterk bande tussen die twee lande benadruk, nie net met betrekking tot sakebedrywighede nie, maar ook wetenskap, onderwys en kultuur. Van der Bellen vra vir groter samewerking op gebiede soos herwinning, musiek en jeugontwikkeling:
4 Jul 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Dronkbestuur grootste kopseer

Die eerste Vrydagaand van Julie het relatief stil in die hoofstad verloop, met ‘n voetganger wat raakgery is wat die Copps 94.1-span se grootste uitdaging was. Dronkbestuur was ook ‘n probleem. Francois Lottering was op sy Copps 94.1-pos en doen verslag.
5 Jul 12AM 1 min

Meer Rehoboth-inwoners kry titelaktes

Tydens 'n kort opdatering oor plaaslike ontwikkelingspogings by die regering se inligtingsentrum het Rehoboth-raadslid Jacky Khariseb die vordering met die oorhandiging van titelaktes aan dorpsinwoners gedeel. Die eiendomme word aan inwoners oorhandig en die skuld word afgeskryf. Khariseb het meer.
4 Jul 11AM 1 min

Modi se besoek kan groot voordele inhou

Reaksie word ontvang op die besoek volgende week deur die Indiese eerste minister, Narendra Modi. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Nixon Kariithi, 'n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, gepraat. Hy meen Namibië kan oor belangrike aspekte by die land leer.
4 Jul 10AM 1 min