
Reuse-ontploffing ruk gemeenskap in Springs
Loading player...
'n Reuse-ontploffing in 'n informele nedersetting in Springs in Ekurhuleni het tientalle mense dakloos gelaat. Gemeenskapslede beweer die ontploffing was die gevolg van plofstof wat onwettige mynwerkers in hul huisies versteek. Die gebied is 'n brandpunt vir onwettige mynbouaktiwiteite. Ekurhuleni Nooddienste se woordvoerder, William Ntladi, sê die brandweer het 'n oproep ontvang oor van die huisies en 'n motor wat aan die brand is. Noodspanne op die toneel het vasgestel daar het 'n reuse-ontploffing plaasgevind: