
Rugby: Bulle reg vir toekoms, sê Strauss
Loading player...
Die president van die Blou Bulle, Willem Strauss, het ondersteuners verseker dat planne in plek is om die span se uitnemende vertoning voort te sit ná die vertrek van Jake White as afrigter en rugbydirekteur. Die Bulle het Vrydag aangekondig dat ‘n wedersydse besluit geneem is dat hul paaie onmiddellik met dié van White skei. White, wat die afgelope vyf jaar by die Bulle was, het gesê dit sal in die beste belang van beide partye wees as hy die span verlaat. Strauss het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat: