
Pasop vir masels, waarsku SA regering
Loading player...
Die regering doen 'n beroep op alle ouers en versorgers om seker te maak dat kinders ten volle ingeënt is teen die gevaarlike en hoogs aansteeklike maselsvirus. Die regering sê vanjaar tot dusver is 379 laboratoriumbevestigde maselsgevalle en 409 rubellagevalle deur die Maselsverwysingslaboratorium by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika aangemeld. 'n Woordvoerder Nokululeko Mtshali sê inenting is die beste beskerming teen ernstige aansteeklike siektes: