
Indië verpletter Engeland met 336 lopies
Loading player...
Indië het Engeland met 336 lopies in die tweede toets op Edgbaston geklop om die reeks van vyf wedstryde een elk gelykop te maak. Die gashere het 'n reusetaak gehad om 608 lopies te jaag, maar is vir 271 voor teetyd op die vyfde en laaste dag uitgehaal. Akash Deep van Indië het deurgaans met die bal beïndruk en altesaam tien paaltjes ingeoes. Die derde toets op Lords begin Donderdag. Engeland se kaptein, Ben Stokes sê die kolfblad was 'n probleem vir sy span: