
Sinner wen sy eerste Wimbledon
Loading player...
Die wêreld-nommer-een Jannik Sinner het die tweemalige verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, geklop en sy eerste Wimbledon-titel gewen. Die 23-jarige speler het met sy sege van 4-6, 6-4, 6-4, 6-4 teen die Spanjaard vergoed vir sy nederlaag verlede maand in die Franse Ope en sy vierde Grand Slam-titel opgeraap. Hy is ook die eerste Italianer om die Wimbledon-enkelspelkroon te dra. Sinner sê dis ʼn spesiale oomblik om die trofee te wen en sê hy lewe sy droom: