
SA regering sloer met onderwyshervormings
Loading player...
Die parlementêre portefeuljekomitee oor onderwys is bekommerd oor vertragings met die toepassing van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette. Voorsitter Joy Maimela sê slegs twee uit agt regulasies is afgekondig, wat verwarring skep en inklusiwiteitsdoelwitte ondermyn. Maimela het ook kritieke leemtes in graad R-infrastruktuur, -befondsing en -onderwysersopleiding uitgelig. Sy het die departement van basiese onderwys versoek om dringend regulasies te finaliseer en skoolveiligheidsmaatreëls te versterk om billike, gehalte-onderwys te verseker: