
Vier sindikate by Tembisa-skandaal betrek
Loading player...
Die Spesiale Ondersoekeenheid het meer as 100 amptenare in vier sindikate onthul wat betrek word by korrupsie in die Tembisa-hospitaal. Die deurbraak spruit uit 'n driejaar lange ondersoek na inligting verskaf deur die vermoorde fluitjieblaser Babita Diokaran, wat in 2021 doodgeskiet is nadat sy onreëlmatighede blootgelê het. Haar familie sê hulle bly hartseer, maar trots dat sy opgestaan het vir wat reg is. Die uitvoerende hoof van die SOE, Andy Mothibi, sê die ondersoek duur voort: