
Aktivis looi ReconAfrica, sê hulle het miljoene gemaak
Loading player...
Reaksie word ontvang op berigte dat ReconAfrica in 2021 met olie-eksplorasie in die Okavango-kom begin sonder behoorlike permitte of huurpag. Daar is boorgate geboor sonder waterpermitte en bedrywighede het begin voordat tradisionele owerhede geraadpleeg of grondregte verkry is. Die verslag het ook die myne-ministerie gekritiseer vir die uitreiking van lisensies sonder konsultasie met belanghebbendes, en die waterministerie omdat strawwe nie afgedwing is nie. Wetgewers vra vir regulatoriese hervorming en sterker toesig. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van Rob Parker, 'n aktivis verbonde aan die plaaslike Economic and Social Justice Trust.