
Boerin skep kalender ten bate van droogtehulp
Loading player...
’n Plaaslike boervrou het ’n unieke verjaardagkalender saamgestel ten bate van die Droogtehulpfonds, geïnspireer deur pragtige plaasfoto’s op ’n weerinligtingsgroep. Met toestemming is 18 oorspronklike foto’s, sonder digitale wysiging, deur plaaslike boere gebruik. Reeds is 19 400 Namibiese dollar geborg vir die druk van 300 kalenders, en alle opbrengs gaan direk aan boere wat steeds onder die droogte ly. Verdere verkope behoort ’n waardevolle bydrae tot die fonds te lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met Henriette le Grange van die Droogtehulp Namibië gepraat.