
NaCC doen uitreik in Noorde
Loading player...
Die Namibiese Mededingingskommissie sal van vandag tot 18 Julie openbare konsultasies in die noordelike streke aanbied. Die uitreiksessies in Kunene, Omusati, Ohangwena, Oshana en Oshikoto is daarop gemik om bewustheid te verhoog oor billike mededinging en die kommissie se rol in die bevordering van 'n voorspoedige, inklusiewe ekonomie. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die kommissie, Dina Gowases, gesels.