Chelsea vat FIFA-klubwêreldbeker

Loading player...
Chelsea het die Kampioeneliga-wenners, Paris Saint-Germain, met 3-0 afgeransel om die FIFA-klubwêreldbeker op die MetLife-stadion in New Jersey te wen. Die Engelse voorspeler Cole Palmer het met twee doele geslaag en ʼn derde opgestel vir nuweling João Pedro. Dit het Chelsea die wêreldkampioen-titel besorg ná hul oorwinning in die UEFA-konferensieliga vroeër vanjaar. Palmer, wat as speler van die toernooi aangewys is, sê hulle het twyfelaars verkeer bewys:
14 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Digitale platform vergemaklik handel

'n Digitale platform wat uitvoerders en invoerders in staat stel om handelsverwante struikelblokke wat by grensposte en ander handelspunte teëgekom word direk aan die betrokke owerhede aan te meld, is bekendgestel. Die Namibiese Handelsforum het, in samewerking met die handelministerie en die Internasionale Handelsentrum, die Handelshindernis-waarskuwingsmeganisme van stapel gestuur. Die…
24 Aug 4AM 1 min

SA regering sloer met onderwyshervormings

Die parlementêre portefeuljekomitee oor onderwys is bekommerd oor vertragings met die toepassing van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette. Voorsitter Joy Maimela sê slegs twee uit agt regulasies is afgekondig, wat verwarring skep en inklusiwiteitsdoelwitte ondermyn. Maimela het ook kritieke leemtes in graad R-infrastruktuur, -befondsing en -onderwysersopleiding uitgelig. Sy het die…
24 Aug 3AM 1 min

Rioolkrisis dreig in Mitchellsplein

Die Stad Kaapstad bied 'n beloning van tot 100 000 rand aan vir inligting oor die vandalisme by die Swartklippad pompstasie in Tafelsig. Misdadigers het toerusting vernietig nadat onwettige elektriese verbindings ontkoppel is, wat die pompe onbruikbaar gelaat het. Die burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, Zahid Badroodien, sê duisende inwoners…
24 Aug 2AM 1 min

Cleanergy Solution baan die weg vir Namibië

Die parlement het Cleanergy Solutions geprys vir hul vordering met 'n groenwaterstof- en ammoniak-aanleg in die Erongo-streek. Tydens 'n besoek aan die terrein het die voormalige finansminister en voorsitter van die parlementêre komitee oor ekonomie en nywerheid, Ipumbu Shiimi, belanghebbendes aangespoor om voor te berei om die ekonomiese voordele van…
24 Aug 1AM 1 min

Wes-Kaap kort nuwe metodes teen misdaad

Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, sê nuwe polisiëringsmetodes is nodig om misdaad te bestry, met die provinsie wat metropolisiëring versoek. Winde het aan Newzroom Afrika gesê provinsies moet die mag moet hê om ondersoeke te doen en intelligensie teen bendebedrywighede en wapengeweld in te samel. Dit volg nadat die Kaapstadse…
24 Aug 12AM 1 min