EU sê Trump-tariewe kan handel met VSA uitwis

Loading player...
Die Europese Unie waarsku sy handel met die VSA kan uitgewis word indien president Donald Trump sy dreigement uitvoer om 'n 30-persent-tarief op invoere op die 27-nasies-blok in te stel. Die bilaterale handelsverhouding tussen die EU en die VSA verteenwoordig byna 30-persent van die wêreldwye handel in goedere en dienste. Trump het die EU herhaaldelik tereggewys oor wat hy as onbillike handelspraktyke beskou. Die EU-handelskommissaris, Maroš Šefčovič, sê hulle benader die gesprekke met Amerika te goeder trou en konstruktief:
15 Jul 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ministerie verduidelik leë medisynekas

Die gesondheidsministerie loop toenemend onder kritiek deur namate al hoe meer berigte na vore kom van klinieke wat nie meer noodsaaklike medikasie het nie, 'n situasie wat dreig om behandeling vir pasiënte te ontwrig en pogings om die openbare gesondheidsorgstelsel te versterk, ondermyn. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie…
23 Aug 6AM 1 min

Groot MotoCross-aksie vandag

In motornuus is dit vandag die laaste been van die nasionale MotoCross-kampioenskappe vir vanjaar. Francois Lottering van MotorMedia Namibia het meer:
23 Aug 6AM 1 min

Werkloosheid, ongelykheid reuse-uitdagings in SA

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, sê werkloosheid en ongelykheid bly Suid-Afrika se grootste ekonomiese uitdagings. Tydens die Tesourie se eerste openbare mikro-fiskale beleidswerkswinkel in Pretoria het hy stadige groei, hoë skuld en stygende befondsingsdruk as voortdurende bekommernisse uitgelig. Hy sê in sy vierde jaar in die amp was daar…
23 Aug 5AM 1 min

Khorixas-brand woed verbete voort

Die goewerneur van die Kunene-streek, Vipuakuje Muharukua, het ‘n dringende beroep op vrywilligers gedoen om te help om ‘n veldbrand te bestry wat sedert Donderdag in die Khorixas-omgewing woed. Die Kantoor van die Eerste Minister het aangebied om 120 vrywilligers met die Food for Work-program hiervoor te vergoed. Twee trokke…
23 Aug 4AM 1 min

Wegholbrande risiko vir sewe provinsies in SA

AfriForum waarsku oor die gevaar van lewensgevaarlike wegholbrande in sewe provinsies die naweek weens uiterste hitte, droë toestande en sterk wind. 'n Vlak rooi-waarskuwing is uitgereik vir Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap. 'n Woordvoerder Tarien Cooks het inwoners gevra om oop vure te vermy en…
23 Aug 3AM 1 min