
VN het kommer oor stamgevegte in Sirië
Loading player...
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het sy diepe kommer uitgespreek oor sektariese gevegte tussen Droese-milisies en Bedoeïne-stamme in Sirië. Sowat 100 mense is dood in die gevegte wat Sondag in die oorwegend Droese-stad Suweida uitgebreek het. Siriese sekuriteitsmagte het Dinsdag die stad binnegegaan na 'n wapenstilstand uitgeroep is, waarna Israel magte om die stad gebombardeer het. Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanhayu, sê hy het die lugaanvalle beveel op magte en wapens in die gebied omdat die regering "van plan was om [dit] teen die Droese te gebruik". Guterres se woordvoerder, Stephane Dujarric, het meer.