
Namcor: Peter Elindi steeds op getuiebank
Loading player...
Die Namcor-borgaansoek deur nege verdagtes duur voort. Peter Elindi het vanoggend getuig dat Enercon nege vulstasies by die verdedigingsministerie se persele gebou het met sy eie belegging van 58 miljoen Namibiese dollar, onder 'n 15-jaar kosteverhalingsooreenkoms. Hy het gesê die stasies is later aan Namcor vir 53 miljoen dollar verkoop, maar beweer dat hulle Enercon se eiendom bly. Toe hy gevra is oor bewys van eienaarskap, het hy slegs gesê dat 'n batelys ingedien is.