
Burgerlugvaartowerheid ondersoek volhoubare lugvaartbrandstof
Loading player...
Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid neem vandag die koolstofverrekening en -verminderingskema vir internasionale lugvaart en volhoubare lugvaartbrandstof onder die loep. Dit vorm deel van 'n EU-befondsde program wat Afrika- en Karibiese lande ondersteun om die Internasionale Burgerlugvaart-organisasie se omgewingstandaarde en doelwitte vir koolstofneutraliteit vanaf 2020 en netto nul teen 2050 te bereik. Kosmos 94.1 Nuus het met Nelson Ashipala, die woordvoerder van die owerheid gepraat.