
'Hou VK-regering verantwoordelik vir Afgaanse inligtinglek'
Loading player...
Reaksie word ontvang op die nuus dat duisende Afghane waarvan sommige saam met Britse magte in Afghanistan gewerk het, is in die geheim in die Verenigde Koninkryk hervestig nadat ʼn Britse amptenaar in 2022 per abuis hul inligting laat uitlek het. Die flater het die persoonlike inligting van byna 20 000 mense bekendgemaak en stel hulle bloot aan ernstige geweld of moord deur die Taliban. Die leier van die Liberale Demokrate sir Ed Davey sê die vorige regering moet verantwoordelik gehou word.