Derde dag wat Israel teikens in Sirië aanval

Loading player...
Die Israeliese weermag het Woensdag twee keer die Siriese verdedigingministerie in Damaskus in lugaanvalle getref, terwyl dit ingryp in die botsings tussen die Siriese leër en Droese-vegters in die suide van Sirië. Een persoon is dood in die aanvalle en 18 beseer, volgens Siriese amptenare. Dit was die derde dag agtereenvolgens wat Israel lugaanvalle teen die Siriese weermag uitgevoer het. Israel sê dat hulle nie die Siriese leër sal toelaat om in die suide van die land te ontplooi nie, en dat hulle die Droese-gemeenskap teen die Damaskus-regering sal beskerm. Osama Bin Javaid, 'n Al Jazeera korrespondent, het meer.
16 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

EU probeer handelsoorlog met VSA voorkom

Die Europese Unie berei 'n pakket tariewe voor wat op goedere ter waarde van 84 miljard Amerikaanse dollar teen die VSA gehef sal word, terwyl hy pogings verskerp om 'n handelsooreenkoms te bereik en 'n trans-Atlantiese handelsoorlog met president Donald Trump te voorkom. Dit kom na president Donald Trump 30…
17 Jul 11AM 1 min

Speaker moedig vroue aan om ander vroue te bemagtig

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, sê dat vroue in leierskap, beide binne politieke partye en in die parlement, 'n verantwoordelikheid het om 'n omgewing te skep wat breër vroulike deelname aan die politiek en die samelewing aanmoedig. Sy het tydens die Kapasiteitsbouwerkswinkel vir Vroue in Politiek en…
17 Jul 10AM 1 min

Dis weer Brandberg Backyard Ultra-tyd!

Die vierde Brandberg Backyard Ultra is terug. Elke uur moet atlete net meer as 6,7 kilometer aflê net om op die volgende uur weer die loep te voltooi tot die laaste atleet die laaste loep voltooi. Die wedloop, wat by Brandberg Rest Camp aangebied word, ondersteun ook bewaringsprojekte. Kosmos 94.1…
17 Jul 10AM 1 min

Shell se olie-produksie belofte goeie nuus vir die land

Reaksie word ontvang op berigte dat Shell hom daartoe verbind het om van eksplorasie na olieproduksie in Namibië oor te skakel. Shell het tydens 'n vergadering met president Netumbo Nandi-Ndaitwah planne bevestig om tegniese struikelblokke te oorkom en produksie te begin. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie…
17 Jul 10AM 1 min

ECN klaar herrie oor Karas-personeellid op

Die Verkiesingskommissie het onder skoot gekom oor die werwing van een personeellid vir Karas. Een van die vereistes was bevoegdheid in Oshiwambo. De Wet Siluka, kommissie-woordvoerder, sê daar is gebiede, soos Lüderitz en Oranjemund waar Oshiwambo grootliks gepraat word en kiesersopleiding moet ook daar uitgevoer word. Hy verduidelik.
17 Jul 10AM 1 min