Omvang van kommissie wat polisie ondersoek moet bekend gemaak word

Loading player...
RISE Mzansi sê president Cyril Ramaphosa moet dringend die omvang van die regterlike kommissie van ondersoek na die Polisiediens publiseer sodat dit met sy werk kan begin. Die kommissie sal die rol van huidige of voormalige senior ampsdraers in sekere instellings ondersoek wat moontlik beweerde misdadige bedrywighede aangehelp of aangemoedig het. Makashule Gana van RISE Mzansi sê dis van die uiterste belang dat alle prosesse wat tot die parlementêre en regterlike ondersoeke lei, die regte prosedure moet volg:
16 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Speaker moedig vroue aan om ander vroue te bemagtig

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, sê dat vroue in leierskap, beide binne politieke partye en in die parlement, 'n verantwoordelikheid het om 'n omgewing te skep wat breër vroulike deelname aan die politiek en die samelewing aanmoedig. Sy het tydens die Kapasiteitsbouwerkswinkel vir Vroue in Politiek en…
17 Jul 10AM 1 min

Dis weer Brandberg Backyard Ultra-tyd!

Die vierde Brandberg Backyard Ultra is terug. Elke uur moet atlete net meer as 6,7 kilometer aflê net om op die volgende uur weer die loep te voltooi tot die laaste atleet die laaste loep voltooi. Die wedloop, wat by Brandberg Rest Camp aangebied word, ondersteun ook bewaringsprojekte. Kosmos 94.1…
17 Jul 10AM 1 min

Shell se olie-produksie belofte goeie nuus vir die land

Reaksie word ontvang op berigte dat Shell hom daartoe verbind het om van eksplorasie na olieproduksie in Namibië oor te skakel. Shell het tydens 'n vergadering met president Netumbo Nandi-Ndaitwah planne bevestig om tegniese struikelblokke te oorkom en produksie te begin. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie…
17 Jul 10AM 1 min

ECN klaar herrie oor Karas-personeellid op

Die Verkiesingskommissie het onder skoot gekom oor die werwing van een personeellid vir Karas. Een van die vereistes was bevoegdheid in Oshiwambo. De Wet Siluka, kommissie-woordvoerder, sê daar is gebiede, soos Lüderitz en Oranjemund waar Oshiwambo grootliks gepraat word en kiesersopleiding moet ook daar uitgevoer word. Hy verduidelik.
17 Jul 10AM 1 min

Aanklaer betrokke by Epstein-, Maxwell- en Combs-sake afgedank

Die Amerikaanse Departement van Justisie het die ervare federale aanklaer, Maurene Comey, afgedank. Sy was betrokke by die saak teen die veroordeelde pedofiel, Jeffrey Epstein, wat in 2019 in die tronk selfdood gepleeg het, en sy medepligtige, Ghislaine Maxwell. Comey was ook deel van die hip-hop-magnaat, Sean 'Diddy' Combs’, se…
17 Jul 9AM 1 min