
SA-regering fokus op hervorming, misdaad en meer
Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid sal fokus op ekonomiese hervorming, misdaadbekamping en die bou van 'n bekwame staat. Ramaphosa het tydens die begroting van die Presidensie in die Parlement gesê alle departemente moet saamwerk om die ekonomie te laat groei, armoede te verminder en dienslewering te verbeter. Hy voeg by die RNE is daarop gemik om vertroue te herbou en werklike verandering te bewerkstellig, met die nasionale dialoog as 'n belangrike platform om Suid-Afrikaners te verenig: