
SA moet ook maak soos Trump met migrante
Loading player...
Reaksie word ontvang op die Trump-administrasie wat vyf gewelddadige misdadigers na Eswatini gedeporteer het. Hulle is burgers van Kuba, Jamaika, Laos, Viëtnam en Jemen, en hul tuislande wil hulle volgens die Amerikaanse Departement van Binnelandse Veiligheid nie terughê nie. Kosmos 94.1 het gesels met die politieke ontleder professor Andre Duvenhage, wat sê Suid-Afrika moet dieselfde doen met onwettige immigrante.