Wiele2Wiele ry Suzuki Dzire

Loading player...
Hierdie week gaan rits Wiele2Wiele met Suzuki se Dzire-sedan rond. Stellantis het groot planne vir Suid-Afrika, onder andere met sy Opel Grandland. Daar is raad oor hoe om jou motortransaksie ongekompliseerd te hou, ’n tegniese wenk oor waarborgkostes en hulle gesels met KJ Mononyane, wat aan die 2025 Red Bull MotoGP Rookies Cup deelneem.
17 Jul Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry Jetour T2

Renault stel sy splinternuwe Kiger bekend en ons gaan ry met Jetour se T2, wat behoorlik die koppe laat draai. Passievol oor motorsport en Porsche? Dan móét jy die ‘60 years of Porsche Racing at Kyalami’-koffietafelboek in die hande kry. Motul was weer volstoom betrokke by die 'Roof of Africa'…
28 Nov 26 min

Wiele2Wiele ry nuwe Duster

In hierdie week se episode het Volvo sy opgegradeerde XC60-sportnuts bekendgestel en die span vat die langpad met die splinternuwe Renault Duster. Hulle gaan maak ’n draai by Goeie Hoop Onderdele om meer oor hierdie familiebesigheid en oor Motul te gesels. Verder toets hulle die BMW R 1300 RT-motorfiets en…
21 Nov 24 min

Wiele2Wiele: Omoda in kollig

Hierdie week vir Wiele2Wiele plaas hulle Omoda in die kollig - hulle toets die C9 400T Explore en die splinternuwe C7. Daar is ’n Motul-wenk, hulle gesels oor veilige volgafstande en vir 2Wiele word daar meer vertel oor vier Suid-Afrikaners wat ons vlag hoog laat waai.
14 Nov 25 min

Wiele2Wiele ry opgeknapte mu-X

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel Alfa Romeo sy splinternuwe Junior bekend en hulle bring tyd agter die stuur van Isuzu se opgeknapte mu-X sewesitpleksportnuts. Daar is waardevolle olieraad en hulle vat jou terug na 1998, toe Yamaha sy legendariese R1-supermotorfiets aan die wêreld bekend gestel het.
6 Nov 26 min

Wiele2Wiele: GR Yaris kry outo-ratkas

Hierdie week vir Wiele2Wiele stel Toyota sy splinternuwe GR Yaris Outo bekend - ’n verrigtingsikoon! Changan is in die land met vyf nuwe modelle en Jetour stel sy T-reeks bekend. Daar is ook waardevolle raad van Motul, die Killarney Motorskou vind komende naweek plaas en hulle gesels oor BMW se…
31 Oct 26 min