Rutte waarsku Rusland se handelsvennote

Loading player...
Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte sê Amerikaanse wapens vanuit Europa kom aan in die Oekraïne en word deur Europa befonds word. Hy sê land soos Indië, China en Brasilië moet oplet omdat hulle die slagoffers van sekondêre sanksies sal wees as Rusland nie binne 50 dae tot verhaal kom nie.
17 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wegholbrande risiko vir sewe provinsies in SA

AfriForum waarsku oor die gevaar van lewensgevaarlike wegholbrande in sewe provinsies die naweek weens uiterste hitte, droë toestande en sterk wind. 'n Vlak rooi-waarskuwing is uitgereik vir Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap. 'n Woordvoerder Tarien Cooks het inwoners gevra om oop vure te vermy en…
23 Aug 3AM 1 min

SA sportminister keelvol vir korrupsie

Die minister van sport in Suid-Afrika, Gayton McKenzie, het 'n skerp waarskuwing gerig aan sportfederasies wat beskuldig word dat hulle fondse misbruik wat vir atlete bedoel is. McKenzie sê die departement sal nie korrupsie of finansiële wanbestuur toelaat wat atlete van geleenthede ontneem nie. Hy het beklemtoon dat bewilligde fondse…
23 Aug 2AM 1 min

SA instituut waarsku teen rassebeleid in werkplek

Die Instituut vir Rasseverhoudinge in Suid-Afrika sê die regering moet fokus op beleide wat dit makliker maak vir ondernemings om werkers aan te stel. Die organisasie het 'n versoekskrif met meer as 17 000 handtekeninge aan die departement van indiensneming en arbeid oorhandig om 'n einde aan rasgebaseerde wette te…
23 Aug 1AM 1 min

Copps 94.1: Polisie konfiskeer messe, pangas op Swakop

Die polisie op Swakopmund het Vrydagaand tydens Copps 94.1 beslag op messe, pangas en ander gevaarlike wapens gelê. Die res van die operasie het betreklik stil verloop, berig Darren Smith, wat die Copps 94.1-span vergesel het.
23 Aug 12AM 1 min