Aanklaer betrokke by Epstein-, Maxwell- en Combs-sake afgedank

Loading player...
Die Amerikaanse Departement van Justisie het die ervare federale aanklaer, Maurene Comey, afgedank. Sy was betrokke by die saak teen die veroordeelde pedofiel, Jeffrey Epstein, wat in 2019 in die tronk selfdood gepleeg het, en sy medepligtige, Ghislaine Maxwell. Comey was ook deel van die hip-hop-magnaat, Sean 'Diddy' Combs’, se saak. Haar afdanking volg te midde van kritiek op die Trump-administrasie se hantering van die Epstein-lêers. Trump beskryf die Epstein-omstredenheid as ʼn kullery:
17 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wegholbrande risiko vir sewe provinsies in SA

AfriForum waarsku oor die gevaar van lewensgevaarlike wegholbrande in sewe provinsies die naweek weens uiterste hitte, droë toestande en sterk wind. 'n Vlak rooi-waarskuwing is uitgereik vir Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap. 'n Woordvoerder Tarien Cooks het inwoners gevra om oop vure te vermy en…
23 Aug 3AM 1 min

SA sportminister keelvol vir korrupsie

Die minister van sport in Suid-Afrika, Gayton McKenzie, het 'n skerp waarskuwing gerig aan sportfederasies wat beskuldig word dat hulle fondse misbruik wat vir atlete bedoel is. McKenzie sê die departement sal nie korrupsie of finansiële wanbestuur toelaat wat atlete van geleenthede ontneem nie. Hy het beklemtoon dat bewilligde fondse…
23 Aug 2AM 1 min

SA instituut waarsku teen rassebeleid in werkplek

Die Instituut vir Rasseverhoudinge in Suid-Afrika sê die regering moet fokus op beleide wat dit makliker maak vir ondernemings om werkers aan te stel. Die organisasie het 'n versoekskrif met meer as 17 000 handtekeninge aan die departement van indiensneming en arbeid oorhandig om 'n einde aan rasgebaseerde wette te…
23 Aug 1AM 1 min

Copps 94.1: Polisie konfiskeer messe, pangas op Swakop

Die polisie op Swakopmund het Vrydagaand tydens Copps 94.1 beslag op messe, pangas en ander gevaarlike wapens gelê. Die res van die operasie het betreklik stil verloop, berig Darren Smith, wat die Copps 94.1-span vergesel het.
23 Aug 12AM 1 min