
Weermag verduidelik helikopter by Mej. Namibië
Loading player...
Die herrie het losgebars met die aankoms van die Ondonga koningin-gemaal Adelheid Nangolo, wat ook die beskermheer is van die Mej. Namibië skoonheidskompetisie, en die uitvoerende hoof daarvan, Umbi Karuaihe-Upi, by die kroningsaand op Ongwediva, in ‘n weermag-helikopter. Die verdedigingsministerie sê daar is niks vreemds daaraan nie en sê die ondersteuning deel vorm van hul voortgesette samewerking met die NBC. Voorts sal die uitsaaikorporasie ook die kostes, ingevolge die ooreenkoms, dek. Die weermag se woordvoerder, kolonel Petrus Shilumbu het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.