
Betekenisvolle groei kan net kom van hoërgeskoolde arbeidsmag
Loading player...
Namibië moet sy ekonomiese fokus verskuif en in 'n hoërgeskoolde werksmag belê as hy betekenisvolle groei in lone wil bewerkstellig. Dit is sentimente van 'n plaaslike ekonoom na aanleiding van die oproep van die direkteur van die Nasionale Beplanningskommissie, Kaire Mbuende, dat Namibiese werkers ordentlike lone moet verdien om werklike groei te bewerkstellig. Gabriel Erastus, 'n ekonoom by die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid, het met Kosmos 94.1 oor hierdie saak gepraat.