Cyril vra meer beleggings in sekseule, reproduktiewe gesondheidsregte

Loading player...
President Cyril Ramaphosa vra groter belegging in seksuele en reproduktiewe gesondheidsregte, en waarsku teen terugslae wat vroue, kinders en die jeug bedreig. Hy het op die negende Internasionale Beraad oor Afrika-ontwikkeling in Tokio, Japan, beklemtoon dat sterk gesondheidstelsels uiters belangrik is om lewens te red en langtermyn ontwikkeling te ondersteun. Ramaphosa het regerings, skenkers en die privaat sektor aangemoedig om gesondheidsbefondsing te beskerm, toegang tot dienste uit te brei en vernuwend op te tree om kwesbare gemeenskappe te bereik:
22 Aug 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toerisme-syfers steeds twyfelagtig

Die gasvryheidsbedryf het in Junie gemengde resultate aangeteken, met die nasionale kamerbesettingskoers wat 6,5 persent laer was as in Mei, maar 8,5 persent hoër was jaar-tot-jaar. Die Namibië Statistieke-agentskap sê besettingskoerse in die suidelike streke het met 13,4 persent gedaal en in die noordelike streke met 8 persent. In die…
22 Aug 6AM 1 min

Nust sê hy praat met studente oor klagtes

Nust-koshuisstudente eis ’n 30 persent vermindering in verblyf- en maaltydkostes weens swak diens, veral gebrekkige WiFi wat hul studies ontwrig. Hulle waarsku dat hoë fooie nie deur substandaard geriewe geregverdig word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Nust se korporatiewe kommunikasie- en bemarkingsbestuurder, Kuda Brandt gepraat. Sy het die jongste.
22 Aug 4AM 1 min

Landsburgers betaal vir politieke geskille in RNE - Maimane

Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, kritiseer die binnegevegte in die regering van nasionale eenheid en sê Suid-Afrikaners betaal die prys vir politieke geskille. Hy voer aan die aanhoudende meningsverskille tussen regeringsvennote het die vordering met belangrike kwessies tot stilstand gebring en burgers worstel met swak dienslewering,…
22 Aug 4AM 1 min

Bank Windhoek stel volhoubaarheids-effekte bekend

Bank Windhoek het 'n volhoubaarheidsgekoppelde effekte uitgereik, wat die bank sê sy verbintenis tot inklusiewe en volhoubare ekonomiese groei versterk. Anders as tradisionele effekte, is die nuwe een gekoppel aan spesifieke volhoubaarheidsteikens. Clarie Hobbs, Bank Windhoek se hooftesourier, het meer.
22 Aug 4AM 1 min

Saftu vra vir SA boikot van Israel

Die vakbondfederasie Saftu doen 'n beroep op die regering om nie meer steenkool en minerale na Israel te stuur nie, en moedig werkers aan om Israelse goedere te boikot. Dit volg na Amerikaanse sanksies teen amptenare van die Internasionale Strafhof wat beweerde oorlogsmisdade ondersoek. Saftu veroordeel die aanval op Strafhof-regters…
22 Aug 4AM 1 min